Gr. 8 Orkes oudisies

Vul asb die volgende inligting in, al pas die datum u nie. Daar is plek in die laaste vraag om dit onder ons aandag te bring. Hierdie dogters kry kans vroeg in 2022.

Waar vind dit plaas: Musiekhuis te AHMP

Datum: Saterdag 30 Oktober 2021

Tyd: 11:00 tot 13:00

Wat moet jy bring/doen?: Speel 'n kort stuk van jou keuse (sonder begeleiding).

E-pos vir navrae: barbara.wiese@ahmp.co.za

Neem hierdie inligting af, voordat u begin om in te vul. Ons wil nie hê dat u dogter die dag misloop nie.